Ons Trou!

25 September 2021

U word hartlik na ons troudag uitgenooi

groom

Schalk Kitshoff

Schalk is op 31 Desember 1991 in Krugersdorp-Noord gebore. Schalk se hulpvaardigheid en sy sagte hart is een van sy mooiste eienskappe.

groom

Viktoria Krzywanski

Viktoria is op 17 September 1996 in Krugersdorp gebore. Sy is baie lief vir haar honde en is passievol vir haar werk in die mediese bedryf.

VIKY EN SCHALK TROUDAG

Ons Verhaal

  • Ons eerste ontmoeting

    27 JUNE, 2018

    Viky, as vyfde wiel aan die wa, het met vriende by 'n kuierplek gekuier. Schalk het haar oog gevang en die vonke het begin spat.

  • Die rooi-warm afspraak

    05 OKTOBER, 2018

    'n Meisie bestel altyd slaai. Schalk wou vir goud gaan en bestel toe trinchado - min wetend wat sou volg! Viky het vrolik gekwetter en gesels terwyl Schalk al hoe stiller geword het. Groot was Viky se verbasing toe sy in 'n bloedrooi, swetende gesig vaskyk en Schalk wat huigend na asem snak vir ‘n a stukkie koel slaai! ‘n Herhinnering waaroor ons vandag nog lekker lag.

  • Die liefde blom

    7 NOVEMBER 2018

    Hoe langer ons mekaar ken, hoe meer waardeer ons mekaar. Die lewe is ondenkbaar sonder mekaar. Waar die een gaan, sal die ander een volg. Ons weet, twee is beter as een. As een val kan die ander een help. Ons kan nie wag om ons gesamentlike lewe te begin - mag dit ten minste 60 jaar wees!

U Bywoning?


Indien u meer as een persoon is wat ons troue gaan bywoon, versoek ons vriendelik dat u beide persone se name invul.
Asseblief RSVP voor of op Sondag, 29 Augustus, 2021.

(Neem vriendelik kennis: Geen kinders toegelaat)